Trits: Mis, Mirakel, Drif Drama en aantekeninge ePDF (1-year licence)

L, Botha , S, Collison

PDF

Die vervlegting van die naïewe, die groteske en die bonatuurlike, asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis, Mirakel en Drif tot 'n drieluik, 'n musikale eenheid as't ware, waarin variasies van verskeie temas weerklink. Al die "verlore persone" ontsnap uit 'n verstikkend gewone lewe en betree deur die toedoen van "teater" en 'n reeks "towenaars" die buitengewone, dog gevaarlike wêreld van fantasie en vervulling. Terselfdertyd verskil die drie stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk 'n spesifieke atmosfeer het.

Reza de Wet, bekroonde dramaturg van Vrystaat-trilogie, lewer met Trits: Mis, Mirakel, Drif, 'n tweede trilogie waarin sy noukeurig gestruktureerde werke met die rare kombinasie van speelbaarheid en leesbaarheid gebruik om boeiende verhale oor te dra.

Hierdie uitgawe help Afrikaans Huistaal-leerders met hul voorbereiding vir die Nasionale Graad 12-eksamen. Die volgende nuwe afdelings bied omvattende leiding en ondersteuning:

  • 'n opsomming van elke drama;
  • 'n biografie van die dramaturg;
  • agtergrondinligting oor die dramas;
  • eksamenvrae met voorgestelde antwoorde;
  • riglyne vir die skryf van literêre opstelle;
  • 'n glossarium met literêre terme; en
  • verwysings vir verdere studie en opleeswerk.
Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy:
  • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik;
  • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in 'n japtrap;
  • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.

Unavailable
9780636222854
1.56 mb
Afrikaans
2020-07-28
Maskew-Miller Learning
1
425
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.