Mier is my naam - Graad 8 Afrikaans Novel

Nel, Ronel

EPUB

Marius Rossouw, ook bekend as Mier, hou van: Trivial Pursuit, 30 Seconds, ou Rock-musiek, Blues, cartoons teken, miere, wetenskap, wiskunde, boeke, tale, sport (hoewel hy dit beslis nie kan speel nie), sy ma, sy pa (die eerlikste man op aarde), sy suster, juffrou Niemand (sy klasonderwyser), sy oom Clive, sy oupa Bob (veral), sy blou muur, die heelal en sy ma se Moembaai-kerrie. Hy hou nié van: Boela (sy persoonlike boelie), sport (as hy dit self moet doen), sy skoolhoof (Die Wet), opkyk, praat / hardop voorlees in die klas, fisiese kontak, sy haarstyl en televisie-kyk nie. Mier Rossouw is by verre die slimste kind in sy klas. Hy is ook die skaamste een, en leef totaal in sy eie kop en deur die mier-strokies wat hy teken. Die ander kinders verstaan hom nie, en bak gereeld poetse op hom â?? net om gefrustreerd te wees omdat hy hom nie daaraan steur nie. Kom hy dit nie agter nie? Of ignoreer hy dit net? Die spanning tussen Mier in sy eie wêreld aan die een kant en die â??anderâ?? kinders aan die ander kant bereik 'n hoogtepunt: totdat Mier iets uitsonderlik doen, en almal iets belangrik oor hul elkeen self besef â?¦

Unavailable
9781430718031
2.45 mb
English
2017-07-01
vivlia publishers
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.