Annelize Morgan Omnibus 5

Annelize, Morgan

EPUB

In Somer van die rooi robyn reis Nicole na die Kaap om daar by haar ouers aan te sluit. Haar avonture sluit in storms ter see, seerowers en ’n silwer robynhalssnoer wat ’n vloek dra. En dit is maar nog net die begin . . . In Spoelgoud verhuis Beth in die vroeë 1870’s na Pelgrimsrus. Hier ervaar sy eerstehands die onsekere geluk en beproewings van ’n delwersgemeenskap – armoede en harde werk is haar voorland, maar dit ís ’n nuwe begin . . . En in Die geheim van Rust der Vrede word Engela na die landgoed Rust der Vrede ontbied, al word sy deur die familie soos ’n uitgeworpene behandel. Sy ontmoet die sjarmante, welgestelde landheer Armand de Savoye, en dis duidelik dat hy ’n groot rol in haar lewe sal speel. Maar dan kom sy tot die skokkende besef dat haar lewe in gevaar is . . .

R 285.00
9780624068280
1.17 mb
Afrikaans
2014-06-30
Tafelberg
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.